Dit is belangrik dat ons inwoners 'n huislike ervaring beleef. Daarom word moeite gedoen om bejaardes te stimuleer en besig te hou eerder as dat hulle net sit en uitsigloos hulle dae omwens. Daar word onder toesig van verpleegsters met die bejaardes gestap of in die tuine van die Oord met 'n rolstoel gestoot sodat hulle die buitelug kan ervaar en geniet.
Bejaardes ontvang drie gebalanseerde etes per dag soos deur 'n dieetkundige voorgeskryf. Die Versorgingseenheid beskik oor 'n wassery waar inwoners se wasgoed gewas en gestryk word.
Baie aandag word aan die bejaardes se geestelike behoeftes gegee. Die plaaslike leraar besoek die bejaardes op 'n weeklikse basis waartydens die Woord aan hulle bedien word. Suster Barnardo se eggenote is 'n predikant en is verantwoordelik vir die pastorale versorging van die inwoners van die Versorgingseenheid.
Die Versorgingseenheid is in Paradyspark - Aftreeoord te Brackenfell geleë. Suster Carina Barnardo is die suster in bevel van die Versorgingseenheid waar sy en haar personeel spesialiseer in die versorging van geriatriese pasiënte wat met die volgende siektes gediagnoseer is:
(BTW Ingesluit)
* Eenmalige toelatingsfooi: R 3500
(nie terugbetaalbaar)
(BTW Ingesluit)
Tel: 021 981 4511
Fax: 021 981 4511
carina@barina.co.za
Paradyspark-Aftreeoord, Brackenfell,
Kaapstad, 7560